Die werklike toets vir demokrasie is die mate waarin die Parlement kan verseker dat die regering aanspreeklik teenoor die mense is. Dit word gedoen deur voortdurende toesighouding (monitering) te handhaaf oor die regering se werksaamhede.
Die Parlement en sy Komitees beskik oor die bevoegdheid om enige persoon of instelling te ontbied om getuienis te lewer of dokumente beskikbaar te stel, en aan hulle verslag te doen.
Die Grondwet bepaal dat die Parlement die mag het om toesig te hou oor alle staatsinstellings, insluitend dié op provinsiale en plaaslike regeringsvlak.
Toesighouding is 'n funksie kragtens die Grondwet aan die Parlement verleen om die regering se werksaamhede te moniteer en daaroor toesig te hou.
Wanneer toesighouding uitgeoefen word, fokus die Parlement op die volgende terreine:
die deurvoer van wette . die aanwending van begrotings . die streng nakomingvan wette van die Parlement en die Grondwet . die doeltreffende bestuur van staatsdepartemente.
Die Grondwet bepaal dat die Nasionale Vergadering verkies word om die mense te
Deur toesig te hou oor die verteenwoordig en om regering werksaamhede van die regering deur die mense volgens die kan die Parlement verseker dat
Grondwet te verseker. Dit word dienslewering plaasvind, sodat alle gedoen deur:
burgers 'n beter lewensgehalte kan te verseker dat alle uitvoerende hê. staatsinstellings in die nasionale regeringsfeer teenoor hom aanspreeklik is, en deur toesig te hou oor die uitoefening van die nasionale uitvoerende gesag, en die om misbruike op te spoor en te toepassing van wetgewing. voorkom . om onwettige en ongrondwetlike
Die Nasionale Raad van Provinsies optrede deur die regering te verteenwoordig die provinsies om voorkom te verseker dat provinsiale belange . om die regte en vryhede van in berekening gebring word in die burgers te beskerm nasionale regeringsfeer.. om die regering aanspreeklik
Die NRP se rol is om toesig te te hou vir die wyse waarop hou oor nasionale aspekte van belastingbetalers se geld bestee provinsiale en plaaslike regering. word
Die NRP kan van 'n lid van die . om regeringsondernemings meer
Kabinet , 'n amptenaar van die deursigtig te maak en openbare nasionale regering of 'n LUK van 'n vertroue in die regering te verhoog. provinsiale regering vereis om 'n sitting van die Raad of 'n komitee by te woon.
Die Parlement bestaan uit twee
Huise, naamlik: . die Nasionale Vergadering (NV),
Parlementêre komitees word gestig en as instrumente van die Huise . die Nasionale Raad van Provinsies ooreenkomstig die Grondwet om (NRP).
toesighouding te behartig en die regering te moniteer.
Elkeen het 'n spesifieke
Dié komitees is die "enjinkamers" toesighoudingsrol te speel.
van die Parlement se toesighoudings- en wetgewende werk.
Komitees ondersoek wetgewing noukeurig, hou toesig oor die regering se werksaamhede, en skakel met die publiek.
Een van die mees belangrike aspekte van die toesighoudingsfunksie is die oorweging deur komitees van die jaarverslae van staatsinstellings, en verslae deur die Ouditeur-generaal.
Na gelang van die doel van toesighouding, sal die Komitee óf 'n opdrag van die staatsinstansie aanvra, óf dit met die oog op 'n feiteondersoek besoek.
a Begrotingsposte
Die Minister van Finansies kondig die begrotingsramings vir die volgende boekjaar aan, sowel as die begrotingsposte van elke departement.
Die Parlement moet die Begroting goedkeur.
Ná die voorlegging van die begrotingsposte het elke Komitee 'n verhoor met die bepaalde Staatsdepartement waaroor hy toesig hou.
Dit dien om vas te stel of die Department sy beloftes van die vorige jaar nagekom het, en belastingbetalers se geld na behore bestee het.
b Vrae vir beantwoording deur uitvoerende gesag
Om Vrae aan die regering te stel, is een van die maniere waarop die Parlement die regering aanspreeklik hou.
Vrae vir mondelinge of skriftelike beantwoording kan aan die President, die Adjunkpresident en Ministers gestel word oor aangeleenthede waarvoor hulle verantwoordelikheid aanvaar.
Vraetyd bied aan Parlementslede die geleentheid om lede van die regering uit te vra oor aangeleenthede rakende dienslewering, namens hul politieke partye of die kieserskorps.
c Ledeverklarings
Deur dié proses kan lede van die Parlement oor enige aangeleentheid verklarings in die Huis doen.
d Kennisgewing van voorstelle
Deur 'n Kennisgewing van Voorstel kan 'n lid van enige politieke party sake vir bespreking in die Parlement opper, en daardeur help om hul verantwoordelikheid van toesighouding na te kom.
e Volle sittings
Volle sittings is nog 'n manier om belangrike inligting onder die aandag van die regering te bring rakende spesifieke regeringsprogramme of wetgewing wat vereis word om dienslewering te verbeter.
f Kiesafdelingwerk
Kiesafdelingwerk bied Parlementslede die beste geleentheid om individuele toesighouding uit te oefen.
Kiesafdelingwerk verskaf die mees direkte skakeling tussen Parlementslede en die publiek.
Dit is lede se plig om die Parlement in kennis te stel van enige aangeleenthede wat gedurende sodanige toesighouding geïdentifiseer is.
a Doen 'n voorlegging
Om 'n voorlegging te doen aan 'n komitee van die parlement is een manier om jou stem in die Parlement te laat hoor.
Deur 'n voorlegging te doen, het jy 'n geleentheid om die mening van lede van die Komitees te beïnvloed wat spesifieke konsepwetgewing bespreek voordat dit 'n wet word.
b Versoekskrif
Elke burger het die reg om 'n versoekskrif tot die Parlement te rig, soos bepaal word in die Grondwet.
Enige persoon, groep mense of organisasie mag 'n versoekskrif tot die Parlement rig.
n Versoekskrif is 'n formele versoek tot 'n owerheid om stappe te doen. Dit kan geskied by wyse van 'n eis, 'n versoek om 'n guns, óf om aandag te skenk aan 'n grief.
